Dis die klein jakkalsies wat daagliks Holm se wingerd verniel, maar sy wíl nie gil nie, sy gaan soek nie smart of geniet verdriet nie; sy boks braaf en keer vir seer.
Marion Holm praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én heerlikheid. Vir die slimmes is daar pitkos, vir die dames ’n meneer en vir die kwesbares ’n bondgenoot. U is welkom om nors te arriveer, daai bui sal nie lank hou nie.
Holm was onlangs te sien op televisie in die drama Trompoppies en die komedie Taktiek. En natuurlik onthou mense haar steeds as Suster Graaff in Suidooster.. Maar op die verhoog in haar eenvrouvertonings is dit ’n heel ander kant van Holm wat die gehoor ervaar.
Haar manier van kyk na die alledaagse lewe saam met haar totale eerlike, ongekunstelde manier van daai stories vertel, maak dat mense identifiseer met wat sy vertel en juis dit voeg by tot die humor. Daar is natuurlik ook mense wat sê: “Man, dis nie dit nie – die vrou is net snááks! Sy kan net hallo sê dan lag ek!!”
Holm se vertonings is meer as net biter snaaks; dit laat mens weer goed voel oor die lewe. Dit laat jou met ’n warm gevoel van liefde en ’n maag seer van die lag.
Die vertoning is op Saterdag Junie 29 om 7.30nm. Kaartjies kos R160 vir pensionarisse en studente en R180 vir die standaard prys.
Bespreek aanlyn by www.thedramafactory.co.za/show/30May2024 of stuur ’n e-pos na info@thedramafactory.co.za, of skakel 073 215 2290 vir navrae.