Kobus Erasmus, Danielle Kleyn, en Marietjie Madsen-Leibold; in die derde ry, van links, is Anna van der Westhuizen en Dané de Villiers; in die tweede ry is Hanna van Zyl en Laura Maritz: in die eerste ry is Mardie Steenkamp en Adriana van der Spuy; en voor is Patricia Potgieter.
Hartlik geluk aan dié agt Parel Valleiers wat elkeen ‘n plek in die top 100 van die Afrikaans olimpiade behaal het. Dis ook ‘n wonderlike prestasie vir PV se Afrikaans en Afrikaans Eerste Addisioneel departemente om nasionaal só uit te blink. Laura Maritz behaal ‘n nasionale 10de plek, en in die Wes-Kaap span sy PV se kroon (met ‘n gedeelde) posisie in die vierde plek. PV se Afrikaans onderwysers word ook bedank vir hul toegewyde werk en vir die liefde waarmee hulle Afrikaans laat blom in die skool.