News

Bome vermink by Radloff

Letter to the Editor|Published

The reader is anguished about the extreme cutting of branches on trees along the riverside at Radloff Park.

Mev E Nel, Somerset-Wes

Wat gister, Saterdag 20 Februarie, ’nontspannende stap in Radloffpark moes wees, het my só ontstel dat ek nou nog ń knop op my maag het!

Kan iemand ’n aanvaarbare verduideliking gee vir die afsaag van takke van feitlik al die bome?

Ek begryp dat dit nodig is om takke wat probleme kan veroorsaak van tyd tot tyd verwyder moet word. Maar ’n mens kry die indruk dat ’n span met kettingsae daar losgelaat is wat net voor die voet bome vermink het!

Die heel ergste is die twee baie ou wilde amandelbome op die rivierwal wat absoluut verkrag is!

Die groot takke waar kinders rondgeklouter en selfs op gelê het, is summier afgesaag . Dit is takke wat vir tientalle jare gegroei het om daardie dikte te bereik.

Die twee wilde amandels het ’n paar riviervloede wat hul wortels oopgespoel het en selfs ’n bank onder een van hul weggespoel het, oorleef.

En nou dít? Waarom?

Bome vermink by Radloff