News

Top-swemmers van PV maak skool trots

Staff Reporter|Published

Simoné van der Merwe, Ian Kleynhans, Wesley van Wyk, Teon Kleynhans en Cara van der Merwe.

Soos visse in die water! Baie geluk aan die Parel Valleiers wat fantastiese uitslae by die Suid-Afrikaanse vlak 3-streekskampioenskappe in Oudtshoorn behaal het. Die kampioenskappe het van Maandag Maart 22 tot Woensdag Maart 24 plaasgevind.

Hul individuele uitslae:

Teon Kleynhans (Graad 11)

Verbeter bykans al sy bestaande tye.

Ian Kleynhans (Graad 8)

Verower 7 medaljes: 1 goud; 4 silwer en 2 brons.

Swem SANJ (South African National Junior)-tye – kwalifiseer vir die SANJ-kampioenskappe.

Cara van der Merwe (Graad 11)

Verower 6 medaljes: 2 silwer en 4 brons.

Simoné van der Merwe (Graad 8)

Verower 1 bronsmedalje.

Verbeter bykans al haar bestaande tye.

Wesley van Wyk (Graad 9)

Verower 8 medaljes: 7 goud en 1 brons.

Swem SANJ-tye – kwalifiseer vir SANJ-kampioenskappe.

Hierdie Parel Valleiers word ook hartlik gelukgewens met hul swemprestasies, en die swemmers het alreeds vir die SANJ (South African National Junior)-kampioenskappe wat April in Stellenbosch gaan plaasvind, gekwalifiseer. Van links, Quan van der Merwe, Ian Kleynhans, Wesley van Wyk en Kate Moore.
Top-swemmers van PV maak skool trots