Paul Roos Gimnasium kon onlangs na 2 jaar, weereens hulle jaarlikse interhuis-byeenkoms hervat. Hierdie gewilde byeenkoms is op Vrydag 21 Januarie, by die Markötter Sportgronde gehou. Die vier interhuis spanne, Neethling, Murray, Braid en Hofmeyr het om die wentitels meegeding. Murray het egter as oorwinnaars geheers en beide Atletiek en Geesbeker verower. Op die foto hierbo, kan gesien word hoe Murray-dirigente hul atlete op die dag aangemoedig het.