Vianté Rossouw, ’n Graad 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, in Stellenbosch, het in April aan die 72ste Suid-Afrikaanse Nasionale Boogskietkampioenskappe (buitelug) deelgeneem waar sy ’n silwer medalje in die afdeling vir dogters onder-15 met ’n kurweboog (recurve) behaal het.
Vianté Rossouw, wys hier by die toekennings-seremonie trots haar silwer medalje wat sy verower het.