Gholfspelers van Paul Roos Gimnasium se eerste gholfspan het verlede maand as Boland kampioene triomfeer toe hulle tydens die Boland Hoërskool Kampioenskappe teen Hoër Jongenskool Paarl (HJS) oorwinning behaal het deur met 11 houe te wen. Die kampioenskappe is by die Boschenmeer-gholflandgoed gespeel. Die PRG tweede span het ook hoog gemik en na ’n puik vertoning derde plek behaal. Die spelers sal in Augustus vanjaar die Boland by die SA Skole Kampioenskappe verteenwoordig. Spelers van links agter, is Nicolas van der Vyver; Tienie Hendriksz, afrigter; en Andries van der Vyver. In die voorste ry van links, is Gerard Hartman en Jack Brugman, die kaptein. FOTO’S: BOLAND GHOLFUNIE