Graad-8 leerling van die Hoër Meisiekool Bloemhof, Jeannie Myburgh, het tydens die Junie-skoolvakansie, as lid van die Kaapse Wynland-judospan aan die Suid-Afrikaanse Judokampioenskappe in Gqeberha deelgeneem. Jeannie het in haar afdeling uitgeblink, en het as die Suid-Afrikaanse kampioen in haar afdeling, ’n goue medalje verower.