News

Top prestasie op atletiekveld

Staff Reporter|Published

Nog ’n Bloemhof-leerling het met haar uitnemende sportprestasies, die skool trots gemaak. Simone van der Merwe, graad-8, het in Junie aan die SA kampioenskappe vir Biathle en Triathle deelgeneem en was in albei items die top atleet in die onder-15 groep. Sy is ook in die SA-span opgeneem wat later vanjaar in Oktober in Portugal aan die wêreldkampioenskappe gaan deelneem waar sy haar wêreldkampioentitels van 2021 sal verdedig.