Paul Roos Gimnasium (PRG) se gholfspan is op 2 Augustus as die wenners van die nasionale skole gholfkampioenskap by Humewood Gholfklub in Gqeberha aangewys. PRG het met 22 ander skolespanne meegeding. Die nasionale titel is sover bekend, die eerste sodanige titel vir die plaaslike skool. Op die foto in die voorste ry van links, is Nicolas van der Vyver, Andries van der Vyver en agter van links, is Jack Brugman, kaptein; Tienie Hendriksz, bestuurder; en Gerard Hartman.