Oktober is Borskanker-bewusmakingsmaand en Wellington-gebaseerde gemeenskapswerker Karel Dampies, wie ook ‘n Kansa-vrywilliger is, het onlangs ’n Borskanker-bewusmakingspraatjie gelewer by plaaslike radiostasie, Radio KC in Paarl. Nadat hy self familielede weens kanker verloor het, is borskanker en die bewusmaking daarvan vir hom belangrik. Die praatjie het gehandel oor die belangrikheid van borsondersoeke en vroue aangemoedig om Kansa se geleeenthede vir ondersoeke aan te gryp. Op die foto is van links, Avril Esterhuizen met wie Karel Dampies, regs, die gesprek aangebied het.