News

Tennis kampioen

Staff Reporter|Published

’n Jong tennisspeler van Hoër Meisieskool Bloemhof is onlangs as tenniskampioen gekroon. Milla Kotze, in graad 8, het tydens die naweek van Vrydag November 25, aan die Boland Meesters Tennistoernooi deelgeneem en is as die 2022 Ope Vroue Kampioen gekroon. Die Meesters toernooi is ’n uitnodigings toernooi en Milla se tennisvernuf het gemaak dat sy genooi is om in die Ope afdeling (18 jaar en ouer) deel te neem. Hierbo is Milla tydens een van haar voormalige tenniswedstryde te sien.