News

Atletiekkoors loop nog hoog

Staff Reporter|Published

Bloemhof leerlinge het aan die 4M-atletiekbyeenkoms in Coetzenburg, Stellenbosch, op Woensdag Februarie 22, deelgeneem. Bloemhof het teen Rhenish, die Hoër Meisieskool Paarl en die Hoër Meisieskool La Rochelle meegeding. Bloemhof se huisleiers en die gelukbringer, Fidel, hierbo afgeneem, het seker gemaak die Bloemhoffers bly begeesterd. FOTO: JAN VAN ZYL

Die Bloemhof-dansers het die skare op hul voete gehad. FOTO: JAN VAN ZYL
Die onder-17-aflosspan het vir groot opgewondenheid gesorg toe hulle die 4 x 100m aflos rekord van 49.04 sekondes na 47.70 sekondes verbeter het. Van links, is Nell Basson, Mignonne de Beer, Lara Ehlers en Lana Oberholzer. FOTO: JAN VAN ZYL
Daniella Coetzee, Lineke van Zyl en Amelie Morgan het die atlete van die kantlyn af ondersteun. FOTO: JAN VAN ZYL
Pippa Viljoen (onder-15) steek die wenstreep oor aan die einde van haar 400m waar sy met ’n tyd van 58.56 sekondes die goue medalje verower het. FOTO: JAN VAN ZYL
Lana Oberholzer het skoonskip gemaak in die onder-17 100m hekkies-item en ’n nuwe rekord van 13.87 sekondes ingestel. FOTO: JAN VAN ZYL
Bloemhof-leerlinge voer hul 4M-kreet op tydens die 30ste weergawe van die 4M-atletiekbyeenkoms. FOTO: JAN VAN ZYL