News

Kinders vind baat by Taalmonument program

Carmen Jacobs|Published

Die Angels of Hope, nie-regeringsorganisasie in Wellington, het onlangs aan verskeie aktiwiteite by die Afrikaanse Taalmuseum en-monument (ATM) in Paarl deelgeneem. Die gratis werkswinkel oor protesteater aangebied deur bekende vervaardiger en skrywer Basil Appollis is van die gebeurtenisse wat die groep bygewoon het. Hier is Karen Dampies, regs, voorsitter van Angels of Hope, met Basil Appollis te sien.

Die kinders van die Angels of Hope organisasie het ook aan verskeie vakansieprogramme by die Taalmonument deelgeneem. Hier is van die kinders van die organisasie na een van die sessies te sien met Karel Dampies, voorsitter van die organisasie onder wie se leiding hulle die program bygewoon het. “Die vakansie program het die kinders besig gehou, hulle het meer oor kuns geleer en is bederf met ’n uitstappie na die monument en lekker eetgoed. Baie dankie aan die organiseerders, ” het mnr. Dampies bygevoeg.