Die 13de Dagbreek-straatmyl vind plaas op Woensdag Oktober 11. Wedlope vind plaas in Victoriastraat, Stellenbosch en atlete kan kies vanuit 7 wedlope met 13 afdelings, vanaf 0-13 kategorie tot meesters, asook die enigste skaatsplank mylwedloop in Suid Afrika. Registrasie open om 3nm en die eerste wedloop sal om 5nm afskop. Daar sal verskeie aktiwiteite aangebied word insluitend ’n koffie stalletjie, foto area, verskeie uitstallings en musiek verskaf deur die Redbull-voertuig. Daar is ook pryse vir eerste atlete by die 1000m merk. Kontak Francois Fouche by info@straatmyl.co.za of skakel hom op 083 368 5948 vir meer inligting.