News

Paul Roos matrieks groet

OWN Correspondent|Published

Matrieks van Paul Roos Gimnasium het amptelik die skool gegroet op Vrydag Oktober 20. Die dag se vaarwel verrigtinge waartydens ouers en onderwysers teenwoordig was, het ingesluit die tradisionele PRG-afskeidsdiens by die Stellenbosch Moederkerk, gevolg deur die teepartytjie en saalbyeenkoms. Hier is die matriekgroep vir oulaas op skoolgronde afgeneem.

Met gemengde gevoelens van opgewondheid en hartseer het matrieks vir oulaas as leerlinge van Paul Roos byeengekom. Van links, is matrieks van 2023 Litha Mgijima, William September, Asa Hani, Josh Jordaan en Ruan Burger.