• News
  • Sport
  • Entertainment
  • Opinion
  • Brandstories
Bolander
The Bolander (formerly the Helderberg Sun) was established in 1996 and renamed Bolander in 2007. This long established popular community title includes the key shopping centres Somerset Mall and Waterstone Mall within its distribution area.
Sections on Bolander
  • News
  • Sport
  • Entertainment
  • Opinion
  • Brandstories
Our network
  • Athlone News
  • Atlantic Sun
  • Bolander
  • CapeTowner
  • Constantiaberg Bulletin
  • DFA
  • False Bay Echo
  • I'solezwe lesiXhosa
  • Northern News
  • Plainsman
  • Sentinel News
  • Southern Mail
  • Southern Suburbs Tatler
  • TableTalk
  • Vukani
  • DurbanLocal
© 2025 Independent Online and affiliated companies. All rights reserved.
Press CodePrivacy PolicyTerms & ConditionsAdvertise with usContact UsComplaints Procedure
News

Bloemhof vereer as vereer as die Top Afrikaanse skool in die land

Staff Reporter|Published 1 year ago

Tydens die toekenningseremonie neem Bloemhofskoolhoof, Wilna van Heerden; die toekenning in ontvangs by Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum. FOTO’S: SOLIDARITEIT SKOLEONDERSTEUNINGSENTRUM

Die Hoër Meisieskool Bloemhof is deur die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) weereens aangewys as die Top Afrikaanse Skool in die land.

Dié merietetoekenningsgeleentheid is op Vrydag Februarie 9, in Centurion gehou en is deur tientalle skole regoor die land bygewoon.

Bloemhof is luidens inligting deur die skool verskaf, volgens die SOS Matriekverslag 2023 as top skool onder Afrikaanse, dubbelmedium en parallelmedium skole aangewys. Hierdie toekenning word gebaseer op die gemiddelde aantal onderskeidings per kandidaat.

Bloemhof se matriekgroep van 2023 het 3,57 onderskeidings per kandidaat behaal, die derde meeste in die land naas Herschel Girls’ High School en Rustenburg Girls’ High, beide Engelse skole in die Wes-Kaap.

Dit besorg Bloemhof dus ook met die eerste plek in die Wes-Kaap onder alle Afrikaanse, dubbelmedium en parallelmedium skole.

Ses uit die top 20-skole in die land is Afrikaanse skole en enkelgeslagskole het veral uitgeblink.

Tesame met hierdie top-skool toekenning is die HMS Bloemhof ook vereer in die volgende vakgebiede gebaseer op die aantal onderskeidings per kandidaat:

• Afrikaans Huistaal: ’n Algehele tweede posisie landswyd onder alle skole en algeheel eerste in die Wes-Kaap.

• Engels Eerste Addisionele Taal: ’n Algehele tweede posisie landswyd en ’n eerste plek onder Afrikaanse skole.

• Ingenieursgrafika- en ontwerp: ’n Algehele derde posisie landswyd en 1ste plek onder Afrikaanse skole.

• Wiskundige Geletterdheid: ’n Algehele vierde posisie landswyd en eerste plek onder Afrikaanse skole.

• Fisiese Wetenskappe: ’n Algehele agste posisie landswyd en eerste plek onder Afrikaanse skole.

• Ekonomie: ’n Algehele veertiende posisie landswyd kandidaat.

Volgens Wilna van Heerden, hoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, is daar ’n paar faktore waaraan hierdie uitsonderlike prestasie toegeskryf kan word. “Hierdie uitstaande uitslae wat ons matriekgroep gelewer het neem ons nie vanselfsprekend op nie en kan toegeskryf word aan ons puik opvoeders wat hul uitstekend van hul taak kwyt, die uitstekende werksetiek by die leerders en personeel, gesonde selfwaarde en natuurlik die seën van die Here,” het sy gesê.