News

Gratis werkswinkels vir debatvoering in Boland

Staff Reporter|Published

Die Historium Trust en Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), in Paarl, nooi hoërskoolleerders van skole in die Boland uit om in te skryf vir deelname aan gratis Afrikaanse debatwerkswinkels en ’n toernooi. FOTO: PIXABAY

Die Historium Trust en Afrikaanse Taalmuseum en monument (ATM), in Paarl, het die behoefte geïdentifiseer om ’n debatswerkswinkel en-toernooi in die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit aan te bied om leerders te bemagtig en Afrikaans te bevorder.

Die ATM nooi hoërskoolleerders in hierdie omgewing uit om deel te neem aan die gratis Afrikaanse debatwerkswinkels en -toernooi wat onderskeidelik op 25 Julie en 11 September asook 24 Oktober vanjaar aangebied word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is later hierdie maand op Vrydag Mei 17.

Volgens die ATM is die doel van hierdie inisiatief om leerders (danksy die Afrikaanse Onderwysnetwerk) deur middel van professionele werkswinkels en ’n ondersteunende omgewing te help om verskeie vaardighede in debatvoering aan te leer en in te oefen.

Van die vaardighede sluit in hoe om vir ’n debat voor te berei, navorsing en organisering, die aktivering van agtergrondkennis, deelname aan die debat, voorbereiding voor die debat, verwysing na relevante bronne, nagesprek ná die debat, voorbereiding van effektiewe inleiding en sinvolle gevolgtrekkings.

Die twee werkswinkels op 25 Julie en 11 September aangebied word. Bywoning by een van hulle is verpligtend vir alle deelnemers aan die debatstoernooi.

Die debatstoernooi sal op Donderdag Oktober 24, by die Historium Konferensiesaal, Pastorielaan 11, in Paarl vanaf 3nm tot 8nm plaasvind. Deelnemers moet egter teen 14.30 alreeds by die lokaal aanmeld. Alle deelnemers moet skooldrag dra.

Inskryfvorms is beskikbaar by Amila Ernstzen en kan per e-pos aangevra word by info@historium.co.za of kontak haar vir verdere inligting, op 021 872 2022.

Alternatief, kan Rodene Williams op 021 872 3441 of admin@taalmuseum.co.za gekontak word vir verdere inligting.