Sandra Prinsloo vermaak gehore in 'n produksie binnekort te sien by Drama-teater in die Strand.
Image: Jesse Kramer
Die romantiese produksie, Kamphoer is gegrond op die verhaal van Susan Nell, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat is.
Gehore kan binnekort hierdie bekroonde produksie by die Drama-teater in die Strand op die verhoof sien.
In die karakter as Susan Nell, vertel Suid-Afrikaanse aktrise Sandra Prinsloo, die storie van hoe sy die gruweldaad oorleef het en haarself as sielkundige bekwaam.
Sy reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ‘n psigiatriese hospital in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok lei. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die die pyn en vernedering van haar verlede.
Hierdie eenvroudrama onder regie van die veelbekroonde, internasionaal gerekende Lara Foot, is ook aangewys as die Beste Nasionale Debuut by die 2019 Vrystaatse Kunstefees terwyl Sandra die 2020 kykNET Fiësta-toekenning en die Naledi-teatertoekenning vir Beste spel in ‘n solo-vertoning ontvang het.
Die produksie is verder benoem vir Fiësta-, Fleur du Cap-, Aardklop- en Naledi-toekennings. Kamphoer was ook die topverkoper by verskeie feeste en het landwyd getoer.
Met dié produksie maak Lara haar buiging in die professionele Afrikaanse teaterindustrie terwyl dit ook die eerste samewerking is tussen Lara (Tshepang, Karoo Moose) en Sandra (Oscar en die pienk tannie, Moedertaal), een van Suid-Afrika se mees geliefde en bekroonde aktrises.
Opvoerings is op Donderdag, Julie 31, om 7.30nm; Vrydag Augustus 1 om 7.30nm, Saterdag, Augustus 2, om 11vm en om 3nm; Sondag, Augustus 3, is die opvoering om 11vm en 3nm. Kaartjies kos R250 en is aanlyn beskikbaar, by www.thedramafactory.co.za