Sandra Prinsloo vermaak gehore in 'n produksie binnekort te sien by Drama-teater in die Strand. In die produksie, 'Kamphoer' word die verhaal van Susan Nell vertel, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat is. Hierdie eenvroudrama onder regie van die veelbekroonde, internasionaal gerekende Lara Foot, is ook aangewys as die Beste Nasionale Debuut by die 2019 Vrystaatse Kunstefees terwyl Sandra die 2020 kykNET Fiësta-toekenning en die Naledi-teatertoekenning vir Beste spel in ‘n solo-vertoning ontvang het. Opvoerings is op Donderdag, Julie 31, om 7.30nm; Vrydag Augustus 1 om 7.30nm, Saterdag, Augustus 2, om 11vm en om 3nm; Sondag, Augustus 3, is die opvoering om 11vm en 3nm. Kaartjies kos R250 en is aanlyn beskikbaar, by www.thedramafactory.co.za
Image: Jesse Kramer
Sandra Prinsloo vermaak gehore in 'n produksie binnekort te sien by Drama-teater in die Strand.
In die produksie, Kamphoer word die verhaal van Susan Nell vertel, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir die dood agtergelaat is.
Related Topics: