Elzabé Zietsman en Johann Slabbert span vir hierdie vertoning weer kragte saam.
Image: Supplied
Gehore kan uitsien na vermaak deur die bekende Suid-Afrikaanse aktrise, Elzabé Zietsman in die vertoning, Papelellekoors, binnekort op die verhoog van die Drama Factory-teater in die Strand.
In hierdie vertoning speel Elzabé onder leiding deur Johann Slabbert en word vergesel deur die pianis, Jody Jason Petersen.
Papelellekoors is 'n tong in die kies kykie na irritasies, konsternasies en frustrasies. Met, of sonder, grasie.
Wat gee jou paperellakoors, en wat verklap dit van jouself?
Elzabé Zietsman het, baie teësinnig, lank in die spieël gekyk op soek na ‘n openbaring. Sy soek nog steeds. Na die besondere sukses van hulle bekroonde kabaret Vier Panado's en 'n Chardonnay span Elzabé Zietsman en Johann Slabbert weer kragte saam.
Die vertoning is op Vrydag Augustus 15, om 7.30nm en kaartjies kos R220 en kan aanlyn by Die Drama Factory bespreek word. Besoek www.thedramafactory.co.za, of skakel 073 215 2290 vir meer inligting.
Related Topics: