Dit was ’n goeie maand vir plaaslike letterkunde met vele gebeurtenisse aangebied ter herdenking van Nasionale Boekweek. Een van hierdie gebeure was die Strand Biblioteek boekklub se boekbekendstelling op Woensdag September 6 gehou, waar skrywers Analize Viljoen en Trisa Hugo hulle nuwe boek, Oop Deure, bekendgestel het. Van links, is Analize Viljoen, Elize du Plessis (Strand Biblioteek) en Trisa Hugo.