Die Angels of Hope, nie-regeringsorganisasie in Wellington, het onlangs aan verskeie aktiwiteite by die Afrikaanse Taalmuseum en-monument (ATM) in Paarl deelgeneem. Die gratis werkswinkel oor protesteater aangebied deur bekende vervaardiger en skrywer Basil Appollis is van die gebeurtenisse wat die groep bygewoon het. Hier is Karen Dampies, regs, voorsitter van Angels of Hope, met Basil Appollis te sien.