Kunstenaar Jannie du Toit en ’n groep musikale vriende reis in September na Stellenbosch vir ’n spesiale fondsinsamelingkonsert ten bate van die Nasionale Raad van, en vir Persone met Gestremdhede (NCPD).
Benewens treffers uit Jannie se eie repertoire, sal kunstenaars by hom aansluit om die gehoor te vermaak met sang, harmonie en klavier, fluit, en kitaarspel.
Bekende musikante sluit in Laurinda Hofmeyr, Philomène en Fearika Heyns, Riël, Lars, Karin en Tanja Franzsen, asook Dirk Aldrich, Annelie du Plessis-Hoberg en Gerhard Niemand.
Kaartjies kos R220 en R190 vir pensioenarisse en persone onder die ouderdom van 21 is aanlyn beskikbaar by Webtickets. Kliek op die direkte besprekingsblad by https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1550938157
Therina Wentzel-Du Toit, Nasionale Direkteur van die NCDP, het haar waardering uitgespreek vir hierdie inisiatief. “Kom geniet ’n aand van goeie musiek en ondersteun ’n verdienstelike saak met uitstekende kunstenaars wat hulle tyd en talent kom deel om fondse in te samel vir die uitvoering van ons organisasie se werk,” het sy gesê.
“Die NCPD is ’n nie-winsgewende organisasie wat die belange van persone met gestremdheid bevorder, onder meer deur bewusmaking, invloedwerwing en dienste wat dit moontlik te maak vir die persone om in te skakel by die breër samelewing. Die NCPD vier vanjaar sy 85ste bestaansjaar terwyl Loslitdag/Casual Day vanjaar reeds vir 30 jaar een van ons belangrikste fondsinsamelingspogings is,” het sy bygevoeg.
Die konsert vind plaas op Donderdag September 12, om 8.15nm by die Drostdyteater in Stellenbosch.