In die nuwe produksie, opgevoer by die Drama Factory-teater in die Strand, Jou Ma Se Platespeler, word daar gekyk na Afrikaanse musiek teen die agtergrond van veranderende tegnologie, van ‘seven singles’ tot streaming en alles tussenin, asook die veranderinge in ons land. Gehore word uitgenooi om aan te sluit by Kristo Zondagh, Kerry Hiles en Rob Thompson in hierdie twee-uur lange viering van SA se bestes. Die vertoning is op Dinsdag Maart 26 om 7.29nm en kaartjies kos R180 en R200. Bespreek kaartjies aanlyn by www.thedramafactory.co.za/show/March2426 of skakel 073 215 2290 vir meer inligting. FOTO: RCL IMAGERY - RICHARD LLEWELLYN