Sangers Riaan Hunter en Jannie Moolman bring musikale hulde aan Gé Korsten met Lieflike Droom by Die Drama Factory-teater in die Strand op Sondag Augustus 18 om 4nm. Met foto’s, videomateriaal en uittreksels uit van die flieks waarin hy gespeel het en die sing van sy grootste treffers vat hulle gehore op ’n nostalgiese reis. Kaartjies kos R250. Bespreek kaartjies aanly met ’n kredietkaart by www.thedramafactory.co.za of skakel 073 215 2290 vir meer inligting.