Suid-Afrikaanse skrywer, Hettie Brittz toer deur die land en sal op Donderdag Mei 9 vanaf 9.30vm tot 11.30vm, by die Doxa Deo-teater in Somerset-Wes wees met ’n gesprek oor haar bekende boek, Kweek kinders met Karakter, wat nuut oorgeskryf is. Kom leer by Hettie hoe om jou jong boompies te buig sonder dat hulle knak, hoe straf vir verskillende kinders ’n verskillende effek kan hê en nog baie meer interessante dinge. Daar is slegs ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Koffie en tee sal te koop wees. Kaartjies kos R100 en is te koop by Quicket by skakel, https://qkt.io/toCFXI en skakel Alisha de Lange by 082 923 1438 vir meer inligting.
Related Topics: