Parel Vallei se swemmers het onlangs aan die 40ste Freda Barnard Gala in Oudtshoorn deelgeneem. Meer as 500 swemmers van 34 verskillende swemklubs regoor die Wes-, Suid- en Oos-Kaap, het aan die gala deelgeneem. Parel Vallei se Caitlin Schoeman in Graad-11 het silwer medaljes vir beide die 100 én 200 meter borsslag gewen. Wesley van Wyk in Graad-9 het die brons medalje vir 200 meter vlinderslag gewen en Ian Kleynhans in Graad-8 het brons vir die 200 meter vlinderslag gewen. Langasem, Teon Kleynhans in Graad-11 het daarin geslaag om vir die 800 meter vryslag ‘n derde plek te behaal om die medalje-oes af te rond na vyf. Simoné van der Merwe in Graad-8 het al haar tye in verskeie items verbeter, en ‘n sesde plek in die 800 meter vryslag behaal. Op die foto van links, is Caitlin Schoeman, Wesley van Wyk, Ian Kleynhans en Teon Kleynhans.