Gehore kan uitsien na die toneelstuk, Hans gee Herklaas horings, waartydens Tobie Cronjé lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke by die Drama Factory-teater in die Strand. Teatergehore kry nou die geleentheid om Tobie in lewende lywe op die verhoog te ervaar in ’n gedramatiseerde voorlesing en verwerking van Hans gee Herklaas horings. Ignatius van Heerden voorsien die radiobyklanke. Vertonings is op Sondag Maart 31 teen 4nm, en op Maandag April 1 om 11vm. Kaartjies beloop R250 en is beskikbaar aanlyn op die direkte besprekingsblad by www.thedramafactory.co.za/show/March2431 of skakel 073 215 2290 vir meer inligting. FOTO: PIERRE ROMMELAERE