Paul Roos Gimnasium leerling, Beor van Reenen in Graad 10, het onlangs deelgeneem aan die SA ‘Surf Casting’ Kampioenskappe, wat van Woensdag 26 tot Saterdag 29 Januarie 2022 in Langebaan aangebied is. Beor is as Top Junior Hengelaar van die Kampioenskap aangewys. Hy het ook tydens die toernooi ’n nuwe SA Surf Casting-rekord opgestel vir die vang van ’n Stompneus met ’n lengte van 71sentimeter.