Parel Vallei se tennis-en netbalbane het onlangs ’n nuwe baadjie gekry. Die oppervlaktes is oorgedoen en Parel Valleiers kan nou op splinternuwe bane netbal en tennis speel. Leerders wie die tennisbane geniet is agter van links: Darren Hulett, Andrew Bosch, Lerize de Villiers, Jessica Lavies, Christelle van der Spuy, Annerie Griesel, Anouk Terblanche. Voor: Grace Wagner.
PV se een gelukbringer en onderwyser, Karen Rohwer het ook ’n potjie tennis kom speel.